100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Saak van moord geopen na liggame van twee jongmense in Kabokweni ontdek is

Written by on March 29, 2023

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord sowel as verkragting na die liggame van twee jongmense Maandagaand in ‘n ou gebou in KaBokweni ontdek is.
LUISTER DIE BERIG HIER

Die polisie vermoed dat die 16-jarige Sinenhlahla Nkosi vermoor is nadat hulle gemene spel op haar liggaam ontdek het.
Die polisie het ook met ‘n geregtelike doodsondersoek begin na die liggaam van Dumiso Mhlongo (25) saam met haar gevind is.
Hulle is verlangs aan mekaar verwant.
Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het hulle gehang.

Albei is Saterdag laas gesien.
Nkosi se tante is dié oggend na ‘n begrafnis toe. Met haar terugkeer was Nkosi skoonveld.
Mhlongo is ‘n familielied van die tante se vriend.
Hulle is Sondag as vermis aangemeld by die polisie.
Mhlongo was glo op besoek aan sy familie en opsoek na werk.
Mohlala sê hulle werk met alle beskikbare hulpbronne om die omstandighede rondom die voorval vas te stel.


×