100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bonuspunt vir Pumas met wen oor Leeus

Written by on March 20, 2023

Die Pumas het Vrydag by Mbombela-stadion ‘n bonuspuntsege van 34-27 behaal oor die Leeus.
Afrigter, Jimmy Stonehouse, sê sy span het die vrugte gepluk van die hoërisiko rugby wat hulle speel.

Hy het hul veggees en verdediging geloof.

Die afrigter van die Leeus, Mzwakhe Nkosi, sê die Pumas was gelukkig om nie ‘n geelkaart te kry nie.

Die verdedigende kampioene lê tans tweede op die punteleer, agter die Cheetahs wat ‘n beter punteverskil het van 63 teenoor die pienktruie se 55.
Sien ook: Pumas wen die Bulle 63-15
Hulle speel eerskomende Vrydag gasheer vir die Griekwas.

Foto’s: Kaptured Concepts


×