100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker: Pumas 63-15 Blou Bulle

Written by on March 13, 2023

Die Curriebeker-kampioene, die Airlink Pumas, het dit gister op Loftus Versfeld duidelik gemaak dat hulle gereed is om hul titel te verdedig.
Die span van Mpumalanga het verlede jaar geskiedenis gemaak toe hulle die beker vir die eerste keer in hul bestaan kon wen.

Hulle kon Sondag nege drieë druk teen die Blou Bulle om ‘n oorwinning van 63-15 te beklink. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, het sy hulpafrigters en die hele span geloof vir dié sege.

Die Pumas kom in hul tweede wedstryd van die seisoen eerskomende Vrydag tuis teen die Leeus te staan by Mbombela-stadion.
Stonehouse nooi ‘n ieder en elk om die verdedigende kampioene te kom ondersteun.

Die wedstryd begin om 17:00.

Foto’s: Kaptured Concepts


×