100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Boer vasgebind, werkers aangerand tydens twee plaasaanvalle in Lydenburg

Written by on October 31, 2022

Gewapende rowers het die naweek in twee afsonderlike voorvalle toegeslaan op plase in die Lydenburg-omgewing.

Saterdagaand het ongeveer vyf gewapende aanvallers op Lisabon-plaas in die Weltevreden-area plaaswerkers vasgebind en aangerand.

Volgens die polisie* was die twee mans in hul huis in die werkerskwartiere toe hulle oorval is en het die aanvallers hul name geken. Hulle het die sleutels na ‘n stoor geëis.

Die plaaseienaar was uitstedig. Die werkers se selfone en kontant sowel as elf kettingsae is gebuit. Hulle is nie ernstig beseer nie.

Volgens Hugo Fourie van die Lydenburg GPF en AfriForum-buurtwag is ‘n boer ook Vrydagaand in Badfontein deur drie mans, waarvan een gewapen was, in sy kamer vasgebind.

Die polisie bevestig dat hulle die sleutels na die kluis gesoek het. Sy vuurwapen, ammunisie, beursie, selfoon en juweliersware wat aan sy oorlede vrou behoort het, is geroof.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

*Die artikel is opgedateer met terugvoer van die polisie sedert dit om 08:54 gepubliseer is.


×