100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Eindeksamen skop af vir +71 000 matrikulante

Written by on October 31, 2022

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, monitor vanoggend die begin van die matriekeindeksamen by Ikhayalami Sekondêr in Belfast.
Dit skop af met vraestelle vir Engels eerste addisionele taal en Engels huistaal.
Die woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die eksamens verloop sedert 2010 vlot in Mpumalanga, en hulle is vol vertroue dat vanjaar geen uitsondering sal wees nie.
‘n Totaal van 71 582 voltydse gr. 12-kandidate skryf vanjaar die eksamen in die provinsie, die meeste ooit.

“Die 2022 eksamen is die grootste in ons geskiedenis en daarom moet ons ekstra waaksaam wees in die bestuur daarvan,” sê hy.
Leerlinge het hul belofte van goeie gedrag op 21 Oktober onderteken en is voorsien van pamflette oor die reëls en gevolge van oortredings.
In Ehlanzeni-distrik is 19 722 leerlinge geregistreer, in Nkangala 18 645, 16 812 in Bohlabela en 16 403 in Gert Sibande.
Van die 566 skole is 39 onafhanklik. Agt skole bied vanjaar vir die eerste keer gr. 12. ‘n Totaal van 24 skole wat beperkte spasie het, het toestemming om alternatiewe venues soos kerke en gemeenskapsale as eksamenlokale in te span.
Sowat 2 000 leerders sonder amptelike identiteitsdokumente is van tydelike identiteitskaarte voorsien.
“Ons werk saam met wetstoepassingsowerhede, insluitende die SAPD, om die nodige sekuriteit te verskaf.”
Die eksamen loop op 7 Desember op ‘n einde. Die uitslae word op 20 Januarie by die Universiteit van Mpumalanga bekendgemaak en leerlinge sal hul uitslae by hul skole afhaal.


×