100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Oudbestuurder vas wat glo Merc met munisipale geld koop

Written by on October 31, 2022

‘n Voormalige munisipale bestuurder van Nkomazi-munisipaliteit in Malalane het Vrydag in die hof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die wet op munisipale finansiële bestuur (MFMA).
Muzi Daniël Ngwenya (55) is dieselfde dag deur die Valke aangekeer.
Volgens woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, het hy in Desember verlede jaar na bewering met munisipale fondse ‘n tweedehandse Mercedes Benz vir R900 000 aangeskaf in Gauteng, en die voertuig in sy eie naam geregistreer.
Ngwenya is borgtog van R10 000 toegestaan deur die Tonga-landdroshof. Die saak is uitgestel tot 25 Januarie vir verdere ondersoek.


×