100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bevestig: Argentinië t. Bokke by Mbombela in 2024

Written by on December 9, 2023

Bokweek maak ‘n terugkeer na die Laeveld wanneer Suid-Afrika op 28 September by Mbombela-stadion teen Argentinië speel as deel van die Castle Lager Rugbykampioenskap.
Boonop speel die top drie rugbyspanne ter wêreld in 2024 vier toetse teen mekaar in Suid-Afrika.
SA Rugby het gister aangekondig dat die Wêreldkampioene op 6 Julie 2024 weer internasionale rugby begin speel.
Nieu-Seeland (derde op die Wêreldranglys) is in Johannesburg en Kaapstad teen die Springbokke (eerste) in aksie en Ierland (tweede) in Pretoria en Durban.
Die Bokke sal ook vir die eerste keer ‘n internasionale wedstryd teen Portugal speel.
Die Bokke se skedule lyk so:
6 Julie: SA t. Ierland (Loftus Versfeld, Pretoria)
13 Julie: SA t. Ierland (Hollywoodbets Kings Park, Durban)
20 Julie: SA t. Portugal (venue sal aangekondig word)
31 Augustus: SA t. Nieu-Seeland (Emirates Airline Park, Johannesburg)
7 September: SA t. Nieu-Seeland (DHL-stadion, Kaapstad)
28 September: SA t. Argentinië (Mbombela-stadion, Nelspruit)
Volgens SARU open kaartjieverkope in 2024.
Sien ook: In foto’s: Springbokke 26-10 All Blacks


×