100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Aanhoudende swaar reën vanaf Sondag verwag

Written by on December 8, 2023

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir swaar reën, hael, skadelike winde en weerlig oor die platorand van Mpumalanga en Limpopo vanmiddag en vanaand.

Die weerdiens het ook ‘n waarskuwing uitgereik oor ‘n aansienlike risiko van oorstromings weens aanhoudende swaar reën wat vanaf Sondag en vroeg volgende week oor die oostelike helfte van die land verwag word.

Die neerslag sal na verwagting Maandag volhou en Dinsdag steeds aanhoudende swaar reën tot gevolg hê oor die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo sowel as Eswatini en KwaZulu-Natal, met ‘n verhoogde risiko van vloede in hierdie streke.

Sien ook: Laeveld nuushooftrekke – Week 49 van 2023


×