100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Long Tom-pas busongeluk eis sewe

Written by on December 9, 2023

Sewe passasiers is dood en 52 mense beseer in ‘n busongeluk toe ‘n luukse bus Vrydagmiddag op die R37 Long Tom-pas omgeslaan en by die krans afgerol het.

Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med, het die ongeluk omstreeks 16:50 plaasgevind.

Spesialis-reddingswerkers moes die beseerdes na die padoppervlak bring.

Drie mense is kritiek beseer en per helikopter na mediese fasiliteite geneem vir behandeling.

Die woordvoerder van die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Verskaf

Sien ook: Hare rys oor beoogde wysigings aan Padongelukkewet


×