100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bela-vergaderings hierdie naweek in Mpumalanga

Written by on March 16, 2023

Die portefeuljekomitee se sittings oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (Bela) vind hierdie naweek in Mpumalanga plaas.
Daar is verskeie redes waarom skole, beheerliggame en ouers teen die wetsontwerp gekant is.
Pieter Ferreira van die Federasie van Beheerliggame van SA Skole (Fedsas) verduidelik hoe dit die funksionering van skole kan raak, sowel as die voorgestelde veranderinge waarteen hulle gekant is, en waarmee hulle saamstem.
“As die wette verkeerd draai, sit ons met hulle en die kinders wat nog skool moet begin word daardeur geraak,” sê hy. “Ons moet bestuur wat ons kan en ons kan dit slegs doen met getalle.”
Luister hier:

Enigiemand kan die sittings bywoon. Vir Ehlanzeni-distrik vind dit om 12:00 Saterdag by die KaNyamazane-gemeenskapsaal plaas.


×