100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

AfriForum staan man by na aanranding by Witrivier-polisiestasie

Written by on April 7, 2021

Geen arrestasies is nog gemaak sedert Barend Byliefeldt verlede Sondag in die Witrivier-polisiestasie aangerand is nie.
‘n Video wat deur sy verloofde, Delia Jordaan, geneem is en wat duidelik toon hoe hy voor die polisie deur ‘n groep mans aangerand word, het verlede week wyd op sosiale media versprei.
Mense was ontstoke dat die lede klaarblyklik net staan en toekyk. Jordaan sê hulle is die dag nie toegelaat om enige sake aan te meld nie.
Lees die oorspronklike storie hier: Witrivier-polisie in spervuur oor beweerde aanranding by stasie
‘n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging en crimen injuria is teen Byliefeldt geopen. Hy kon intussen ‘n saak van aanranding en die rig van ‘n vuurwapen aanmeld.
Dit is met behulp van AfriForum gedoen. Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het met Sanett gesels oor hoe hulle die paartjie bystaan en die belang daarvan om te verseker dat dieselfde nie met ander mense gebeur nie.

“Daar moet nou ‘n voorbeeld gemaak word van hulle sodat ander kan sien daar is gevolge, sodat dit nie weer gebeur nie.”
Die polisie het bevestig dat hulle ook die beweerde wangedrag van die lede wat aan diens was ondersoek. Kamfer sê hulle het die saak ook by Psira aangegee.


×