100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie gesteelde bakkies naby die grens met Mosambiek teruggevind

Written by on January 30, 2023

Drie Toyota-bakkies wat vroeër die maand gesteel is, is Saterdagoggend by Steenbook Trust buite Komatipoort naby die grensdraad met Mosambiek teruggevind.
Hulle is verlate gevind in bosse.

Die twee enkelkajuitbakkies is in onderskeidelik Springs en Alberton gesteel en die Fortuner is in Mothotlung in die Noordwes gekaap.
Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het die weermag geloof vir hul bydrae tot die suksesvolle operasie.


×