100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tjoekie of boete vir man wat by Valke-kantore inbreek

Written by on January 30, 2023

‘n Man wat tussen Julie 2019 en Desember 2021 by ses huise in Mbombela (Nelspruit) ingebreek het, moet agt maande agter tralies deurbring of ‘n boete betaal.
Die 32-jarige Daniël Wagenaar het ook op 6 Maart verlede jaar elektriese toestelle en selfone gesteel toe hy by die Valke-kantore in Van Rensburgstraat ingebreek het.
Lees meer: Man skuldig wat by Valke-kantore inbreek
Hy is Donderdag in die Nelspruit-hof gevonnis tot ses en agt maande op elk van die sewe aanklagte, met die opsie om ‘n boete van R3 000 tot R4 000 te betaal.
Volgens ‘n Valke-woordvoerder, AO Bonnie Nxumalo, sal die vonnisse samelopend uitgedien word.


×