100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Witrivier begin petisie teen polisie na aanranding

Written by on April 9, 2021

Die Witrivier-gemeenskap het ‘n petisie opgetrek teen die “ongrondwetlike optrede” van die polisielede wat op 28 Maart aan diens was by die Witrivier-stasie toe Barend Byliefeldt na bewering in die polisiestasie aangerand is.
In die video wat sedertien daarvan op sosiale media versprei het, kan duidelik gesien word hoe van die lede staan en toekyk.
Die petisie is die inisiatief van Piet Skead van die Witrivier-belastingbetalersvereniging en Dewald Oberholzer van die Gemeenskaps Polisiëring Forum (GPF).
“Vir ons gaan dit daaroor: hoe kan ons die polisiestasie vertrou en hoe kan ons, ons mense daarheen stuur as hierdie tipe insidente daar gebeur?” vra Skead.
Hulle het met Ludi daaroor gesels. Luister weer na die gesprek hier:

Die petisie kan hier opgespoor word: White River South African Police to be audited.


×