100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rekord sitrusuitvoere verwag ondanks uitdagings

Written by on April 25, 2024

Suid-Afrika het ‘n dispuut by die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) verklaar oor die Europese Unie (EU) se regulasies rakende die swartvlek-sitrussiekte.

Die WHO sê Suid-Afrika het gevra dat die kwessie besleg word – wat verband hou met die EU se streng regulasies oor die invoer van Suid-Afrikaanse sitrus.

Dit behels dat produsente wat enigsins twyfel oor die swartvlekstatus van hul vrugte, dit nie mag uitvoer nie – om te verhoed dat die EU nie alle sitrusvrugte uit Suid-Afrika verbied nie.

Die departemente van Landbou en van Handel, Nywerheid en Mededinging het onlangs aangekondig dat Suid-Afrika met die EU en die WHO in gesprek is oor maatreëls wat sitrus vry van dié swamsiekte kan hou, insluitend bespuiting.

Ondanks die uitdagings, verwag die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika ‘n sterk uitvoerseisoen.

Justin Chadwick, die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, gesels met 100.5FM.

Luister hier:

Sien ook: Minister van Arbeid voer aan regering kan werk help skep


×