100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wêreldrenosterdag: Sukses met swartrenoster bevolking

Written by on September 22, 2022

Vandag is wêreldrenosterdag. Lara Rall, projekbestuurder by WWF Suid-Afrika, sê dat die renosterbevolking in Afrika sedert 2017 tot ongeveer 22 137 wit- en swartrenosters aan die einde van 2021 afgeneem het.
Die slegte nuus is dat stroping hul grootste bedreiging bly en dat die witrenoster-bevolking op net minder as 16 000 beraam word.
Die goeie nuus is dat swartrenosters jaarliks met sowat 13% vermeerder het om tans sowat 6 200 sterk te staan.
Sy het met Andri gesels. Luister weer hier.

“Ons moet nie net plaaslike gemeenskappe daaroor opvoed nie, maar ook onsself,” sê sy. “Ons het almal persepsies oor hoe renosterstroping werk, maar daar is soveel kante aan die muntstuk.
“Almal het nie dieselfde waardestelsels nie, en ons moet daarmee werk om ‘n middeweg te vind vir ‘n gesonder renosterbevolking en ekosisteme.”


×