100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man skiet glo vriendin, homself in Kanyamazane

Written by on September 22, 2022

Die polisie ondersoek die moord op ‘n vrou vanoggend in Kanyamazane.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê Shirley Hassan (37) is om ongeveer 07:00 ten aanskoue van verskeie verbygangers geskiet deur Phinda Matlaka (42).
Hulle was glo in ‘n verhouding.
Matlaka het daarna glo by sy pa se huis in die area die wapen op himself gerig en sy eie lewe geneem.
Volgens Mohlala is die vuurwapen verlede week tydens ‘n huisbraak in Kanyamazane gesteel.

Twee broers het eergister in die Nkomazi-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.
Dalton Manvuvo Mkhatshwa (43) en Zwelithini Goodwill Mkhatshwa (49) is Maandag aangekeer vir die moord van Nicholas Nkalanga (41) op 5 September in Boschfontein.
Volgens Mohlala was die slagoffer en die beskuldigdes se broer, Regional Mkhatshwa (31), in ‘n bakleiery betrokke waartydens Mkhatshwa dood is en het sy broers Nkalanga toe vermoor. Die saak is uitgestel tot vandag.
Die LUR vir gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het verder ‘n interne ondersoek gelas na drie werknemers van die departement aangekeer is vir diefstal en vandalisme by Rob Ferreira-hospitaal.
Hulle is Maandag deur die Valke aangekeer.
Volgens die gesondheidsdepartement is daar in Augustus koperpype uit die lykshuis gesteel wat veroorsaak het dat die yskaste gewanfunksioneer het.
‘n Verdagte is op 17 Augustus vasgetrek en die diefstal het voortgegaan voor die drie Maandag vasgetrek is.


×