100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vroegoggend moorde by tavernes veroordeel

Written by on December 29, 2022

Die Mpumalanga polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het die moorde veroordeel wat oor die Kersfees-langnaweek in tavernes in die provinsie gepleeg is.
Twee mans is vroegoggend op Kersdag by ‘n taverne in Kwaggafontein dood.
Volgens die polisie dui hul voorlopige ondersoek aan dat die een slagoffer erg aangerand is deur ‘n groep mense.
Hy het na bewering een van die aanvallers doodgeskiet en na sy voertuig gevlug.
Dit is aan die brand gesteek, na vermoede in weerwraak.
Die slagoffers is nog nie geïdentifiseer nie.
Geen arrestasies is gemaak nie.
‘n 18-jarige verskyn ook vandag in die hof na hy in die vroeë oggendure van gister glo ‘n ander man in ‘n taverne in Elukwatini doodgesteek het tydens ‘n argument.

‘n 45-jarige man is ook aangekeer op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van ‘n vuurwapen.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hy is Maandag in Mkhuhlu gearresteer na hy glo ‘n 40-jarige man vroeg Maandagoggend by ‘n taverne beroof en doodgeskiet het.


×