100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

2022 Hoogtepunte #2: Pumas bring die Curriebeker huis toe

Written by on December 29, 2022

Die Airlink Pumas het op 25 Junie geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit die gesogte Curriebeker te wen.
Hulle het die finaal teen die Griekwas in Kimberley met 26-19 gewen.
Dit was ook die eerste keer dat hulle die eindstryd van die Curriebeker gehaal het.
In foto’s: Pumas wen vir die eerste keer die Curriebeker
Hulle is later aangewys as die Mpumalanga sportspan van die jaar. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse is aangewys as die Mpumalanga afrigter van die jaar en SA Rugby Magazine se afrigter van die jaar (hy het stof geskop in die oë van John Dobson, wat die DHL Stormers na ‘n reeksoorwinning in die Verenigde Rugby-kampioenskappe gelei het, sowel as die Springbokke se Jacques Nienaber).
In foto’s: Pumas oorwinning in Mbombela gevier
Stonehouse het die Maandag na afloop van die wedstryd met Ludi en Mireille gesels. Luister weer hier.


×