100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vraag na koshulp al hoe groter soos inperking voortduur

Written by on June 17, 2020

Die vraag na hulp met kos word al hoe groter in Mbombela en omliggende areas.
Plaaslike organisasies wat help om mense in nood van kos te voorsien, sê hulle sukkel al hoe meer om in die vraag te voorsien.
Hoewel daar sedert die begin van die grendelstaat in Maart ‘n oorvloed hulp verleen was, droog hulpverleners se vermoë op om te help omdat die vraag groter as die aanbod is.

Mpumalanga Leadership Foundation (MLF) voed die dorp se haweloses, maar pastoor TJ Maré wys daarop dat al hoe meer mense met blyplek nie kos het nie.

April het hulle sowat 500 kospakkies uitgedeel, maar hy voorspel dat hulle hierdie maand tussen 600 en 700 kospakkies sal moet versprei.

‘Ons gee om Nelspruit’ is ook in ‘n penarie. Thea Rix sê hulle kry tans slegs klere as donasies in en hulle moes reeds noodgedwonge uit hul eie sakke kos begin koop om mense te help.
Sy is onseker hoekom die gemeenskap se ruimskootse ondersteuning wat hulle tot dusver geniet het, opgedroog het.

“Ons is op die einde. Ons het niks meer nie,” sê Rix. “Mense vergeet daar is ander wat nog steeds ingeperk is, in terme van werk of geld.”
Enige droë kos is welkom: Rys, suiker, pasta, soja, mieliemeel, melk, cremora, tee en blikkieskos.
“Wat jy ookal kan gee,” voeg Rix by. “Een pakkie kos help al reeds.”

MLF poog om met elke kospakkie ‘n gesin van vier vir twee weke te kan kosgee.

Enige skenkings kan by die Nelspruit Gemeenskapsforum in Branderstraat afgelaai word of besoek hul Facebook-blad vir meer details oor hoe om ‘n finansiële bydrae te lewer.
Hulle kan ook deur CMR 18A-belastingsertifikate uitreik. Kontak [email protected].
Vir ‘Ons gee om Nelspruit’, kontak Toy Bester by 081-438-5373 of [email protected] of Rix by 082-771-2889.

 


×