100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Voertuie brand in Calcutta

Written by on January 26, 2024

Die Mpumalanga polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het ‘n span ondersoekers aangestel om stabiliteit in Calcutta te herstel.
Dit volg op drie voorvalle die maand waartydens voertuie in die area aan die brand gesteek is.
Mees onlangs is vier voertuie, insluitend ‘n minibus-taxi en bakkie, Woensdagaand aan die brand gesteek in die eienaar se erf.
Skote is ook afgevuur.
Soortgelyke voorvalle sluit in twee minibus-taxi’s wat op twee verskillende plekke in Calcutta afgebrand is die maand.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die oortreders om na vore te kom.
Sien ook: Toename in feestyd padsterftes


×