100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Video: Mannejag geloods na 30 verdagtes Dwarsloop Mall beroof

Written by on February 8, 2023

‘n Ondersoekspan is geaktiveer na sowat 30 gewapende verdagtes vroeg gisteroggend verskeie winkels in Dwarsloop Mall buite Bosbokrand beroof het.
Volgens die polisie het hulle kluise in verskillende winkels en dobbelmasjiene by Gold Rush Casino met plofstof oopgeblaas en onbekende bedrae kontant gesteel.

Hulle het onder meer ook skoene by Spitz, selfone by PEP Cell en ‘n groot hoeveelheid drank by Boxer Liquor Store gesteel.

Niemand is nog aangekeer nie.
Enigiemand met inligting is gevra om speurder luit. kol. Christopher Mashego te kontak by 082-469-1298.


×