100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

VF Plus vra vir strenger optrede teen stropers

Written by on August 20, 2021

Die VF Plus in Mpumalanga vra dat daar strenger teen vermeende renosterstropers opgetree moet word om die praktyk hok te slaan.
Dít na die inhegtenisname op 21 Julie van AB (Schalk) Steyn (48) en Dawie Groenewald (53) wat met 19 horings met ‘n beraamde waarde van sowat R2,6 miljoen in hul besit betrap is.
Hulle word aangekla van die onwettige besit en verkoop van renosterhorings. Elk is borgtog toegestaan van R50 000.
Groenewald is reeds 11 jaar gelede weens stroping aangekeer en was op borg uit ten tyde van sy jongste arrestasie.
Volgens Werner Weber het die Krugerwildtuin reeds 70% van sy renoster-bevolking weens stroping verloor die afgelope dekade.

“Die VF Plus verwelkom die feit dat hulle in hegtenis geneem is, maar vind dit onaanvaarbaar dat die een beskuldigde se vorige hofsaak sedert 2010 voortsleep met die een uitstel na die ander,” sê Weber.
“Die jongste, amptelike statistiek van SANParke toon dat die wêreld se grootste bevolking renosters – wat in die Nasionale Krugerwildtuin gevind word – die afgelope dekade met tussen 66% en 70% verminder het.
“Onverbiddelike polisie-optrede en swaar strawwe teen renosterstropers is nodig om die witrenosterspesie van uitwissing te red.”
Die party het Dinsdag in die provinsiale wetgewer ‘n beroep gedoen op Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, om ondersoek in te stel na die redes waarom die saak uit 2010 so lank sloer.
Steyn en Groenewald moet weer op 17 September in die hof verskyn.


×