100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende voertuigdiewe verskyn vandag weer in Nkomazi

Written by on April 17, 2024

Twee beskuldigdes maak vandag hul tweede hofverskyning in die Nkomazi-landdroshof op aanklagte van die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Mancoba Bongi Dlamini en Siyabonga Thusi, beide burgers van Eswatini, is Saterdag deur die grenspolisie op die R570 tussen Jeppe’s Reef en Malalane aangekeer.

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, is die Toyota Hilux GD-6-bakkie in Januarie in Bolobedu, Limpopo, gesteel.

Luister:

Sien ook: Bestuurder fnuik transitoroof op R40


×