100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende transitorower borgtog toegestaan

Written by on October 19, 2023

‘n Vermeende transitorower wat met drie rooftogte in die Laeveld verbind word, is gister in die Tonga-landdroshof borgtog van R5 000 toegestaan.

Dit hou verband met ‘n transitoroof wat op 11 Augustus naby Malalane gepleeg is.

Sewe mense, onder wie drie polisiebeamptes, is reeds daarvoor aangekeer.

Ses van die beskuldigdes is ook op borgtog vrygelaat.

Zola Martin Mnisi het verlede week in Kabokweni verskyn op aanklagte van gewapende roof en moord op ‘n Fidelity-sekuriteitsbeampte in April.

Hy het ook in Witrivier verskyn vir ‘n roof waartydens ‘n G4S-sekerheidswag in Julie vermoor is.

Die saak is uitgestel tot 6 Desember. Nog ‘n verdagte word gesoek.

Vermeende transitorower gee homself oor, 10 Oktober 09:48

Zola Martin Mnisi (29), wat deur die owerhede gesoek is in verband met verskeie transitorooftogte, het homself aan die polisie oorhandig.

Hy het gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn vir die moord op ‘n Fidelity-sekuriteitsbeampte tydens ‘n roof in April.

Zola Martin Mnisi

Volgens die Valke word hy ook gekoppel aan ‘n roof wat in Julie in Witrivier uitgevoer is waartydens ‘n G4S-sekuriteitswag dood is, sowel as ‘n transitoroof wat op 11 Augustus buite Malalane gepleeg is.

Sewe mense, onder wie drie polisiebeamptes, is reeds daarvoor aangekeer.

Sien ook: Borg vir 6/7 vermeende transitorowers – Radio Laeveld

Nog ‘n verdagte, Mpendulo Absima Hassane, word gesoek.

Nog verdagtes gesoek vir transitoroof naby Malalane, 16 September, 09:48

Die Valke in Mpumalanga is op soek na nog verdagtes wat hulle glo betrokke was by ‘n transitoroof wat op 11 Augustus naby Malalane uitgevoer is.

Sewe mense is reeds aangekeer, waaronder drie polisiebeamptes.

Lees meer: Sewe vermeende transitorowers weer in hof

Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, is hulle die afgelope week borgtog geweier.

Sy sê nog twee verdagtes is tydens die ondersoek aan die misdaad gekoppel.

Hulle is Mpendulo Absima Hassane (31) van Kanyamazane en Zola Martin Mnisi (29) van Swalala Trust.

Die hoof van die Valke, gen. maj. Nico Gerber, het ‘n beroep gedoen op die publiek om inligting oor die verdagtes met wetstoepassers te deel.

Kontak die ondersoekbeampte, AO Albert de Lange, by 071-481-2815.

Die publiek is ook gewaarsku om die verdagtes nie te nader nie, aangesien hulle moontlik gewapen en gevaarlik is.


×