100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende dief vasgetrek toe hy by polisie probeer aansluit

Written by on August 16, 2022

‘n Vermeende dief is gister aangekeer, sewe jaar na hy glo meer as R20 000 in hardeware by sy werknemer gesteel het, toe hy by die Bethal-polisiestasie navraag gedoen het oor sy aansoek om by die polisiediens aan te sluit.
Volgens die polisie is die saak teen hom in September 2015 geopen toe hy die bestelling by ‘n ander adres as die van die koper afgelaai het.
Die 40-jarige sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
Intussen is ‘n verdagte aangekeer in besit van ses koeie toe die polisie sy Hilux-bakkie en sleepwa op die R545 tussen Bethal en Kriel afgetrek het.
Hy kon glo nie hul brandmerke verduidelik nie, en die vee is terugbesorg aan die eienaar, wat hulle Vrydag as gesteel aangemeld het.
Sinethemba Ntsibande (29) het gister in die Leslie-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 5 Oktober vir verdere ondersoek.


×