100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes in Gerrit Stander-saak verskyn in die hof

Written by on October 26, 2020

Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Gerrit Stander verlede week tydens ‘n huisroof doodgeskiet het, het vanoggend in die Witrivier-landdroshof verskyn.
Daar was ‘n groot polisieteenwoordigheid en die strate rondom die hof is deur die polisie vir verkeer afgesper. Die situasie was egter rustig en kalm.
Monica Nyuswa, die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het bevestig dat Vusi Sabelo Nkosi (26) en Lucky Sibiya (24) verskyn het.
Die saak uitgestel is tot volgende Maandag, 2 November. Hulle sal na verwagting dan moontlik vir borgtog aansoek doen.
Joe Pelser van AfriForum Witrivier sê die polisie het na afloop van die hofverrigtinge onttrek en al die strate is weer gangbaar.

Nkosi en Sibiya is Donderdagoggend in KaBokweni in hegtenis geneem.
Stander, ‘n prokureur in Mbombela, is in die vroeë oggendure van Maandag verskeie kere geskiet tydens ‘n roof by sy huis in die Plaston-omgewing naby Witrivier.
Hy het in Kiaat-hospitaal aan sy wonde beswyk.
Sy gedenkdiens is Vrydag gehou. Hy sou dieselfde dag 39 jaar oud geword het.
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice (BCJ) sê die mans is aangekeer in samewerking tussen hulle, die Mpumalanga Valke, asook Nelspruit en Witrivier se speurtakke.
Volgens die Valkese kapt. Lloyd Ramovha het hulle ‘n selfoon, iPad, en naaldwerkmasjien wat tydens die roof gesteel is, probeer verkoop.
Die Valke het inligting oor die beplande transaksie bekom. Hulle en polisie het na die toneel gehaas.
Nog arrestasies word verwag. Die ondersoek duur voort.


×