100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes gesoek na vrou se lyk in haar voertuig gevind is

Written by on July 9, 2021

Die polisie is op soek na verdagtes na ‘n vrou se liggaam verlede week in haar voertuig in Machadodorp gevind is.
Die 33-jarige Nompumelelo Patricia Malaza is op 2 Julie met skietwonde in die bestuurdersitplek van haar geel VW Polo gevind. Sy was langs die pad langs ‘n oop stuk veld naby Rietfontein-plaas geparkeer.
Volgens die polisie het hulle inligting bekom dat die vrou bewusteloos gelyk het en na die toneel gehaas. Sy is op die toneel dood verklaar deur paramedici.
Volgens haar familie het sy by ‘n bank in Sabie gewerk en was sy op pad om haar broer in Carolina te besoek.
Die motief vir die moord is onbekend. Niks is blykbaar gesteel nie. Haar handsak, beursie en skootrekenaar is in die kar gevind.
Die polisie het ‘n beroep gedoen op die publiek om hulle te help met inligting. Kontak speursersant Busani Johannes Mnisi by 082-798-0758 of die Stop Misdaad-nommer by 08600-10111.


×