100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Barberton DBV wys loseerders weg na perseel wéér betree word

Written by on July 9, 2021

Die Barberton DBV sê hulle kan nie meer loseerders inneem nie, na hul perseel gisteraand vir die soveelste keer betree is.
Marlies Liebenberg sê die heining is weer geknip, maar mooi toegedruk, en niks is blykbaar gesteel nie.

‘n Vreemde voertuig is opgemerk, en voetspore is gevind. Sy wonder of die verdagtes moontlik net kom kyk het watter diere daar tans is.

Die Barberton DBV het die afgelope maande kwaai deurgeloop onder diefstal.
In Junie is die tweede en derde pitbulls in ongeveer vier maande uit hul kennels gesteel. Die besluit is toe geneem dat die Barberton DBV voortaan nie meer pitbulls sal aanvaar nie, maar dié honde na ander DBV-takke uitplaas.
Dié honde is veral gewild – beide vir onwettige hondegevegte waar groot bedrae geld betrokke is, sowel as vir mense om aan te neem.
Boonop is daar kort tevore sowat R2 000 se hondekos uit hul stoorkamer gesteel.
Hulle sou vandag loseerders ingeneem het, maar Liebenberg sê hulle kan nie die kans waag dat ‘n dier wat tydelik daar bly gesteel word nie.
Alle veghonde word by die Nelspruit DBV gehuisves. Alle kos en komberse word ook nie meer op die Barberton DBV se perseel gestoor nie.
Sy sê hulle is besig om ‘n alarmstelsel te laat installeer.


×