100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Afgryse toe verbrande liggame by stortingsterrein ontdek word

Written by on January 11, 2023

Die verbrande liggame van twee mans is Maandagaand by ‘n stortingsterrein in Casteel buite Acornhoek naby Bosbokrand ontdek.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, moet die oorsaak van hul dood deur ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word.
Die motief vir die moorde is tans onbekend.
Drie beeskarkasse is ook naby die liggame gevind en die polisie is op soek na hul eienaar.

Kontak speurder luit. kol. Aaron Digoro by 082-318-9925 met enige inligting.
‘n Vroulike polisiekaptein het ook gister in die Emalahleni-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, regsverydeling, ontvoering en afpersing.
Volgens die polisie is sy Maandag in Witbank saam met twee manlike verdagtes aangekeer.
Hulle het na bewering 13 vermeende ongedokumenteerde mense vir ure in ‘n vangwa toegesluit en omkoopgeld van R10 000 van hul werkgewer by ‘n nabygeleë bouperseel geëis.
Volgens Mdhluli is hulle aangekeer na die kontant aan hulle betaal is.

Santi Madoda Khumalo (44), Tshidi Anastacia Mamareko (56) en Albert Ramuchu (41) is elk borgtog van R2 000 toegestaan. Hulle verskyn weer op 1 Maart in die hof.


×