100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Komatipoort-ryer nou sewende in Dakar

Written by on January 11, 2023

Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy medebestuurder Leander Pienaar het gister vyfde geëindig in die negende trajek van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië om nou algeheel sewende te lê in die T3-klas.
In die T1-klas het die Fransman Sebastian Loeb die skof ingepalm, sy derde trajek-oorwinning vanjaar.
Die negemalige wêreldkampioen is nou algeheel derde en 11 minute nader aan Nasser Al Attiyah van Katar wat ‘n algehele reuse-voorsprong van 1 uur en 21 minute het.
Die Suid-Afrikaners Henk Lategan en Brett Cummings is tans algeheel in die vierde plek met hul landgenote, Giniel de Villiers en Dennis Murphy vyfde.
Lees ook: Dakar-tydren nou halfpad: Laeveld bestuurder vertel
Basson vertel wat vandag in die tiende skof voorlê. Luister weer hier:

Volg hulle op Facebook en Instagram by TeamHiluxRallyRaid.


×