100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Universiteit van Mpumalanga bied vanaf 2022 doktorsgrade

Written by on October 19, 2021

Die Universiteit van Mpumalanga (UMP) sal vanaf volgende jaar vir die eerste keer doktorsgrade aanbied.
Kommunikasiehoof, Tlangelani Ubisi, sê hulle sal in totaal 44 kwalifikasies bied – op van die drie waarmee die universiteit in 2014 begin het.
Die doktorsgrade sal in landbou sowel as ontwikkelingstudies wees.
Ubisi sê die universiteit het met rasse skrede gegroei in die diversiteit van hul aanbieding. Luister weer hier na meer besonderhede oor hul navorsing.

Die UMP het in 2013 tot stand gekom uit die Laeveld Landbou-kollege. In die eerste akademiese jaar, wat in Februarie 2014 afgeskop het, was daar 169 studente met drie studierigtings aan hulle beskikbaar. Dit was landbou, onderwys en inligtingstegnologie.
Volgens Ubisi is daar vanjaar sowat 5 400 studente geregistreer in 37 kwalifikasies wat diplomas, sertifikate, grade, en meestersgrade insluit in rigtings soos besigheidsbestuur en inligtingstegnologie.
Teen 2025 mik hulle daarvoor om 8 900 studente in te neem.
Besoek die UMP se webtuiste vir meer besonderhede: https://www.ump.ac.za.


×