100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tweede Covid-19 sterfte in Mpumalanga aangemeld

Written by on June 24, 2020

Die provinsie het tans 570 positiewe Covid-19-gevalle. Die tweede sterfte weens die siekte is ook in Bosbokrand aangeteken. Die vorige sterfte was in Mbombela.
Sasekani Manzini, LUR vir gesondheid, het die jongste syfers Dinsdag tydens haar begrotingsrede bekend gemaak.
‘n Totaal van 181 pasiënte het reeds in Mpumalanga van die virus herstel,
Tans is die episentrum van die pandemie in Mpumalanga eMalahleni (Witbank) waar 34% van gevalle, ‘n totaal van 192, voorkom.
Ander munisipaliteite met baie gevalle is Govan Mbeki met 100, Mbombela met 73, en Steve Tshwete met 60 gevalle.

Volgens die departement word die meeste gevalle in die ouderdomsgroep 35 tot 39 jaar aangeteken. Manzini skryf dit toe aan hoe ekonomies aktief hulle is.

Landwyd is daar nou meer as 100 000 gevalle, en meer as 9 miljoen wêreldwyd.

“As ‘n departement werk ons onverpoosd om die verspreiding van die virus in gemeenskappe hok te slaan deur siftings en toetse,” sê sy.
Sy het ook haar departement se begroting van R15,6 miljard vir die 2020/21 finansiële jaar ter tafel gelê.
Die departement se prioriteite vir die jaar is om moedersterftes, kinders jonger as vyf se diarree en sterftes, sowel as sterftes verwant aan HIV en TB te verminder.
Hulle wil ook meer baba’s in ent, vroue se voorgeboortesorg besoeke vervroeg en besnydings vermeerder.
“Ons benodig addisionele befondsing om dienste optimaal te kan lewer,” voeg sy by. “Maar hierdie is ‘n revolusie om gesondheidsorg universeel vir almal toeganklik te maak, en ons sal ons bes doen met wag ons het.”
Die begroting van R15,6 miljard is só opgedeel: Streekhospitaaldienste (R9,5 miljard), bestuur van fasiliteite (R1,6 miljard), provinsiale en gespesialiseerde hospitaaldienste (R1,5 miljard), tersiêre hospitale (R1,3 miljard), nooddienste (R483,8 miljoen), opleiding (R480,8 miljoen), administrasie (R367,4 miljoen) en ondersteuningsdienste (R314,7 miljoen). ‘

 


×