100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee skole teken Covid-19-gevalle aan

Written by on June 29, 2020

Twee skole in Ehlanzeni-distrik het Maandag positiewe gevalle van Covid-19 aangemeld.
Volgens Jasper Zwane, die woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, is daar een geval by ‘n skool in Matsulu en ‘n ander buite Witrivier.
Zwane sê skole word gewoonlik tydelik vir ‘n dag of twee gesluit sodat dit ontsmet kan word.

Hulle wag tans op die departement van gesondheid se aanbeveling hieroor.
Geen leerling in Ehlanzeni-distrik het sover positief getoets vir die virus nie.

In Mpumalanga het 11 leerders wel die virus opgedoen sedert skole op 8 Junie gedeeltelik heropen het.
In die provinsie het 19 werknemers by skole ook positief getoets, waarvan een ‘n administratiewe klerk en ‘n ander ‘n algemene werker in ‘n skoolkombuis is.
Sonder die twee jongste gevalle is Covid-19 by 20 skole in die provinsie aangemeld.
Volgens Zwane is die helfte daarvan in eMalahleni (Witbank) en Middelburg, wat brandpunte in Mpumalanga is. Mhala se polisiestasie is oor die naweek ook tydelik gesluit.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het een van die speurders positief vir die virus getoets.
Dit is Sondag bevestig. Die stasie is gesluit sodat dit ontsmet kan word. Dit sal na verwagting Woensdag weer heropen.
Intussen word die nabygeleë Rooms-Katolieke Kerk, sowat 200 meter van die stasie af, as tydelike stasie ingespan.
Noodgevalle en klagtes kan by 079-396-4587 gerapporteer word of kontak die stasiebevelvoerder direk by 082-565-8438.

 


×