100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Busongeluk eis agt lewens

Written by on June 29, 2020

‘n Busongeluk tussen Graskop en Ohrigstad het sy agste lewe geëis.
Die ongeluk het Sondag om ongeveer 17:00 op die R532-pad tussen die twee dorpe in Mpumalanga plaasgevind toe die bus omgeslaan het.
Sewe mense is op die toneel dood. Die agste persoon is later in die hospitaal oorlede.
Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, was al die slagoffers manlik.
Dit was glo ‘n bus wat vir private gebruik gehuur is om die mense te vervoer.
Hulle was van Kiepersol onderweg na Ohrigstad toe die bus omgeslaan het.
Sowat 39 mense is ook beseer en word by Matibidi en Kiaat hospitale behandel.
Die ondersoek na die moontlike oorsaak van die ongeluk is onderweg.


×