100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee drankwinkels tydelik gesluit

Written by on July 8, 2020

TOPS at SPAR by Sonpark en by die Nelspruit Plaza-winkelsentrum was vandag gesluit nadat werknemers positief vir die koronavirus getoets het.
Lucky Ngomane, woordvoerder van Ehlanzeni-distrik, het bevestig dat gevalle by beide drankwinkels vanoggend aangemeld is.
Die winkels was teen 11:00 Woensdag gesluit om ontsmet te word. Albei sal Donderdag weer operasioneel wees.
Hy sê hulle het reeds met kontak-naspeuring begin.
Volgens Ngomane sal werknemers wat nie aan die pasiënte blootgestel was nie, die skofte behartig.


×