Tienerseun van KaNyamazane word vermis
Written by Mireille on August 20, 2025
Die polisie in Mpumalanga is op soek na ‘n vermiste 14-jarige seun wat in KaNyamazane woon.
Blessing Quinton Nkosi is gisteroggend laas gesien toe hy om omstreeks 06:30 op pad was skool toe.
Sy onderwyser het egter deur die dag gebel om te vra waar hy is, aangesien hy Donderdag laas by die skool was.
Blessing het ten tyde van sy verdwyning sy skooluniform aangehad: ‘n blou hemp, donker trui, grys broek en swart skoene.
Enigiemand met inligting is gevra om konst. Nthabiseng Nyathi te kontak by 072-974-1031.