100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tien verdagtes aangekeer i.v.m. ernstige misdade in Mpumalanga

Written by on March 13, 2023

Tien persone van belang in verskeie ernstige misdade wat oor die provinsie heen gepleeg is, is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Middelburg aangekeer.
Die misdade sluit in moord, poging tot moord, sakeroof, huisroof, voertuigkapings en die opblaas van kitsbanke.


Volgens die polisie is drie jaggewere, ‘n haelgeweer en drie pistole met ammunisie gekonfiskeer.
Verdagtes was glo ook in besit van selfone wat aan mense behoort het wat vermoor is.
Een verdagte is by ‘n hospitaal aangekeer waar hy onder ‘n vals naam behandel is vir ‘n skietwond wat hy na vermoede opgedoen het terwyl hy ‘n misdaad gepleeg het.
Die ander nege sal na verwagting vandag in die hof verskyn.


×