100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

plaaslike verkiesing

Die ANC se Sibongile Makhushe is Dinsdag tot die nuwe uitvoerende burgemeester van Mbombela-munisipaliteit verkies. William Nkatha is die raad se nuwe Speaker. Taylor Nsimbini is tot hoofsweep verkies. Al drie was die enigste genomineerde kandidate vir die ampte. Die nuutverkose raadslede is ook tydens hul eerste sitting, wat by Mbombela-stadion gehou is, ingesweer. Die […]

Die EFF het die DA as die amptelike opposisie in Mbombela-munisipaliteit onttroon tydens die plaaslike regeringsverkiesing. Die ANC het met 65,21% van die stemme 59 setels gewen om beheer van die stadsraad te behou. Die EFF het met 14,68% 14 setels gewen. Die DA, tot op hede die amptelike opposisieparty in die raad, het met […]

Stemdag het oor die algemeen vlot verloop gister, maar Trudie Grove-Morgan, die adjunkleier van die DA in Mpumalanga, sê regoor Mbombela het sommige mense probleme gehad om te stem. Veral diegene wat tydens die registrasienaweek van 18 en 19 September herregistreer het, se name het nie op die kiesersrol verskyn waar hulle wou stem nie. […]

Mpumalanga se provinsiale regering het tydelike mobiele Covid-19-inentingslokale by verskeie stemlokale opgerig om soveel mense as moontlik in te ent. Die plekke is oor al die distrikte versprei en gaan deur die dag oop wees. Mense wat óf hul identiteitsdokumente óf geboortesertifikaat óf ‘n polisie-ondertekende beëdigde verklaring kan voorlê om hul identiteit te verifieer sal […]

Met die plaaslike verkiesing om die draai, sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) hulle is slaggereed. Spesiale stemme word Saterdag en Sondag uitgebring. Stemdag is amptelik Maandag van 07:00 tot 21:00. Die OVK se Ehlanzeni-verteenwoordiger, Teecee Chembeni, sê dat solank jy in die ry staan teen 21:00, jy toegelaat sal word om jou stem uit te […]


×