100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sibongile Makhushe ingesweer as Mbombela se nuwe burgemeester

Written by on November 24, 2021

Die ANC se Sibongile Makhushe is Dinsdag tot die nuwe uitvoerende burgemeester van Mbombela-munisipaliteit verkies.
William Nkatha is die raad se nuwe Speaker. Taylor Nsimbini is tot hoofsweep verkies. Al drie was die enigste genomineerde kandidate vir die ampte.
Die nuutverkose raadslede is ook tydens hul eerste sitting, wat by Mbombela-stadion gehou is, ingesweer.

Die ANC het tydens die plaaslike verkiesing ‘n meerderheid van 65% van die stemme gekry om 59 setels te wen. Hulle word gevolg deur die EFF met 14 setels, die DA met 12 en die VF Plus met drie. Die ACDP en ATM het elk een kandidaat wat op die stadsraad dien.
Nkatha het die nuwe raad geloof dat die verkiesing vlot verloop het, en dat daar nie ‘n bakleiery uitgebreek het – soos in sommige ander rade in die land gebeur het nie.
“Ons moet saamwerk. Ons is nie vyande nie. Ons moet nou die samelewing dien.
“Mense is moeg vir retoriek en revolusionêre liedjies. Hulle wil nou dienste hê.”
Hy het ook tydens die sitting gesê dat geen korrupsie vir die volgende vyf jaar geduld sal word nie.

Friddah Nkadimeng is herverkies as die burgemeester van die sukkelende Thaba Chweu-munisipaliteit.
Die insweringsgeleentheid vir die 27 verkose raadslede is by Lydenburg se burgersentrum gehou.
Herns Trower is as die raad se Speaker verkies, en Sabina Manzini is die hoofsweep.
Nkadimeng het in haar toespraak gesê daar is baie dringende uitstaande diensleweringsprioriteite wat aandag moet kry.
Sy is saam met die ANC se Cornelias Mohlala en die DA se Spiridon Couvaras verkies om Thaba Chweu in Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit te verteenwoordig.


×