100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Spoorloos op die Oranjerivier: Span bereik hul eindbestemming

Written by on March 22, 2023

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne het daarin geslaag om die lengte van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê.

Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr., Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser kweek met hierdie avontuur bewusmaking oor geestesgesondheid.

Sien ook: 2 000 km op die Oranjerivier vir geestesgesondheid

Die Spoorloos-span sou gister hul reis voltooi, maar soos met enige avontuur duik struikelblokke maar op.

Hulle kon darem 110 km aflê voor ‘n woeste sandstorm hulle tot stilstand gedwing het.

Hulle het vanoggend slegs 30 km oorgehad voor hulle Alexanderbaai, hul eindbestemming, bereik het.

Francois het vooraf met 100.5FM gesels.

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 10 – 21 Maart 11:45

Die Spoorloos-span pak vanoggend die finale 140 km van hul tog op die Oranjerivier tot in Alexanderbaai aan vir bewusmaking oor geestesgesondheid.

Francois sê die laaste paar dae was vir hom geestelik moeilik op die water.

“Moenie bang wees om vir hulp te vra nie,” sê hy.

Hy voeg by die manne begin nou erg na hul vrouens verlang.

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 9 – 20 Maart 17:12

Die span het vandag 130 km op die Oranjerivier afgelê tot by Aussenkehr. Die reis loop môre ten einde.

Francois sê hulle het heelwat probleme ondervind met die ondersteunersvoertuig wat gebreek en een bootjie wat ‘n gat in gekry het.

“Ons is baie opgewonde om môre in Alexanderbaai aan te kom,” sê hy.

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 9 begin – 20 Maart 08:15

Die reis staan nou amper einde se kant toe met enkele dae oor. Hulle mik vandag vir Vioolsdrif.

Francois vertel van die interessante mense wat hulle tot dusver ontmoet het.

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 8 – 19 Maart 10:23

Met net so oor die 950 km wat hulle reeds afgelê het op die Oranjerivier, het dit tyd geword vir middagete in Namibië vir die Spoorloos-span.

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 7 – 18 Maart 12:35

Dit is hul laaste dag in Suid-Afrika, voor die Spoorloos-span aan die Namibiese kant van die Oranjerivier hul tog na Alexanderbaai voortsit.

Francois vertel van hul moeilike dag gister met verskeie keerwalle wat in hul pad gestaan het op die 120 km onderweg na Upington.

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 6 lê voor – 17 Maart 09:20

Die Spoorloos-span het gister, op dag vyf, hul langste trajek van 140 km afgelê tot by die Boegoebergdam.

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 5 skop af – 16 Maart 08:40

Die Spoorloos-span het gisteraand in Prieska oornag en takel vandag die 140 km na Boegoebergdam.

Francois, wat sy selfoon gister iewers weens die groot stroomversnellings verloor het, gesels met Sonop Ontbyt.

Kyk die video hier:

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 4 begin – 15 Maart 09:25

Kobus vertel van ‘n baie gevaarlike situasie wat hulle gister onderweg na die Vanderkloofdam ervaar het.

“Dit was ‘n ongelooflike dag, seker een van die opwindendste in my lewe,” sê hy.

Sluise van die Gariepdam is oopgemaak en toe die Spoorloos-span uitklim om die stroomversnellings te verken is beide bote meegesleur.

“Ek het gedink dit is die einde van die wedstryd.”

Die jong manne het egter ingespring en die vaartuie gered.

Wynand heet nou “Wolraad” en Guillaume jnr. “Woltemade”.

Kyk ook die video:

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 3 begin – 14 Maart 08:55

Vandag is die derde been en hul mikpunt is sowat 120 km tot by die Vanderkloofdam.

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 2 – 13 Maart 16:50

Maandag was ‘n bietjie makliker en hulle het tot by die Gariepdam gevorder.

Kyk die video:

==========

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 1 – 13 Maart 09:09

Die spanne het gister afgeskop by die Oranjerivier se oorsprong net buite die grens met Lesotho.


“Dit was ‘n moeilike begin,” sê Francois. “Die eerste hekkie was om in die water te kom.”

Hulle het die eerste dag 12 ure op die water spandeer en kon 140 km aflê.

“Ons was nie voorbereid om in die donker te moet vaar nie.”

100.5FM volg hul avontuur regstreeks. Skakel weeksdae om 07:20 en 16:20 daarvoor in.

Volg die Spoorloos-span ook op sosiale media:
Facebook
Instagram
TikTok
Youtube


×