100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Spoorloos: 2 000 km op die Oranjerivier vir geestesgesondheid

Written by on March 9, 2023

Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns pak eersdaags die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies aan – alles vir bewusmaking oor geestesgesondheid.
Die spanne is Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel Snr en Guillaume Nel Jnr en Abrie en Wynand Visser.

Hulle skop Saterdag, 11 Maart, af by die rivier se oorsprong net buite die grens met Lesotho en eindig op 23 Maart by die riviermond in Alexanderbaai in Namibië.
Francois vertel sy pa, Kobus, het reeds op ‘n jong ouderdom begin om avonture met ‘n doel aan te pak.
Later het hy Spoorloos, ‘n nie-winsgewende organisasie wat realiteitsdokumentêre programme maak wat maatskaplike kwessies ondersteun, gestig.

So het pa en seun reeds met motorfietse om Afrika gery, die ooskus van die kontinent via die lug verken en Kilimandjaro uitgeklim.
Hierdie keer is die avontuur op die water.
“Tweehonderd kilometer per dag is redelik rof,” sê Francois.
Hy gesels met Gerhardt oor die fisiese, geestelike en emosionele uitdagings wat hierdie avontuur aan hulle gaan stel.
Luister weer hier.

*100.5FM gaan die #HaalAsem-spanne regstreeks volg. Skakel weeksdae om 07:20 en 16:20 daarvoor in.


×