100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Splinternuwe SA Beker skop af

Written by on March 21, 2024

Die Airlink Pumas speel môre hul eerste wedstryd in die nuwe SA Beker-toernooi.

Tien provinsiale spanne neem deel aan hierdie nuwe kompetisie wat die Mzanzi-uitdaging vervang.

Hulle gaan oor nege weke 46 wedstryde teen mekaar speel met die twee top-spanne wat die naweek van 24 en 25 Mei in die eindstryd meeding.

Die liga begin vandag met ‘n kragmeting tussen die Griekwas en die Luiperds in Kimberley.

Die Pumas speel Vrydag teen die SWD Arende in George.

Verlede jaar se Curriebeker-premier- en eersteliga-kampioene, die Cheetahs en die Boland-Kavaliers, meet ook môre in Bloemfontein kragte.

Só  lyk die span

Sien ook: Verdagte vas vir moord op polisiekaptein in KaNyamazane – Radio Laeveld


×