100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sonop gaan Bos met aasvoëls

Written by on July 7, 2023

Aasvoëls word kritiek bedreig, maar speel ‘n noodsaaklike rol in die ekosisteem.
Hulle staar verskeie gevare in die gesig: Landbou maak inbreuk op hul natuurlike habitat, hulle verdrink in reservoirs en gaan dood teen kragdrade, sê dr. Gareth Tate, programbestuurder by die Endangered Wildlife Trust.
Hulle word ook gestroop vir moetie.
“Ons ervaar tans regoor Afrika ‘n massiewe afname in die bevolking,” sê hy. “Meer as 90% van aasvoëlsterftes is weens vergiftiging.”
Luister weer hierdie week se episode van Sonop gaan Bos:

Sien ook: Sonop vang mambas in die Bos

Die Endangered Wildlife Trust se roofvoëlprogram het ‘n ambulans vir aasvoëls ontwikkel wat sal help om vergiftigde aasvoëls te red.

Agt voëls is gered nadat hulle verlede maand by ‘n massa- vergiftigingsterrein in ‘n reservaat in die Groter Kruger-gebied gevind is.

Ses witrug-aasvoëls, ‘n swart-aasvoël en ‘n monnik-aasvoël is by die Moholoholo-natuurlewe-rehabilitasiesentrum in Limpopo behandel voordat hulle weer in die natuur vrygelaat is.

Dit het die reaksietyd tot massavergiftigings totaal vernuwe.

Foto: Endangered Wildlife Trust


×