100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Skerp veiligheid op voor feesseisoen

Written by on December 1, 2020

Die feesseisoen is hier, en met dit saam is misdadigers geneig om meer aktief te wees.
Die polisie het Vrydag hul Veiliger Feesseisoen-operasiegeloods met die tema “Stywe greep”.
Hulle sal in dié tyd hul sigbaarheid verhoog met die doel om die welstand en veiligheid van alle burgers te verseker.
Die polisie het ook die publiek gewaarsku om hul veiligheid op te skerp. Volgens die Nelspruit polisie se stasiebevelvoerder sien hulle al hoe meer dat kriminele mense deur die internet van hul besittings of geld verlos. “Wees bedag en pas jouself op sodat jy nie daarvoor val nie.”
Callum MacPherson van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit, sê die beste raad wat hy vir mense het, is om op te pas wat hulle het.

“Gebruk jou alarm, maak jou vensters toe, maak seker jy het genoeg krag. Dit maak ‘n verskil,” sê hy.
“As jy weggaan, doen die moeite en sluit jou televisiestelle toe waar dit nie sigbaar is nie. Dit beteken die krimineel moet nou loop en soek daarvoor. So, óf hy gaan nie inbreek nie, óf dit gee jou sekerheidsmaatskappy tyd om hom te vang.”
Hy sê dieselfde geld vir skootrekenaars. “Moet dit nie op jou eetkamertafel los nie. Steek dit weg. Dit neem minder as vyf sekondes om te steel.”
MacPherson voeg by dat mense twee weke voor hulle beplan om weg te gaan, hul alarmstelsels moet toets.
“Dit gee ons tyd ons dit te herstel as dit nodig is. As 10 mense die dag voor hulle wil vertrek eers dit toets, plaas dit ons onder baie druk.”

Die polisie beveel verder aan:
Moenie baie kontant aan jou dra nie
Moenie hulp van vreemdelinge by kitsbanke aanvaar nie
Verifieer inligting voor jy iets op die internet koop
Moet geen waardevolle items in jou kar los nie
Maak seker jou voertuig is gesluit
Vra bure om ‘n ogie oor jou huis te hou as jy weggaan.


×