100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Silulumanzi waarsku oor moontlike watertekorte

Written by on February 13, 2023

Silulumanzi waarsku dat die Nelspruit-waterwerke nie genoeg water kan suiwer om reservoirs vol te hou nie.
Die water in die Krokodilrivier is weens die swaar reën en vloedvlakke meer troebel as wat die waterwerke kan hanteer.
Die gevolg is dat reservoirvlakke op laag tot minimale kapasiteit is. Die area wat deur die Boschrand-reservoir voorsien word, sal onderbrekings in toevoer ervaar.
Verbruikers is aangemoedig om water spaarsaam te gebruik.


×