100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Silulumanzi stel aanlyn portaal bekend

Written by on May 1, 2020

Silulumansi, die waterverskaffer in Mbombela het ‘n aanlyn portaal geskep om dit vir hul klante makliker te maak om hul rekeninge te vereffen. Volgens Silulumanzi-woordvoerder, Richmond Jele stel klante in staat om hul rekeninge te betaal, hul rekeninge na te gaan, navrae aan Silulumanzi se stuur en kommunikasie van die maatskappy makliker te ontvang.

Jele het verbruikers aangemoedig om veilig te bly tydens die inperking en om aan te hou om hul waterrekeninge te betaal.

Hoe werk die portaal?
Besoek silulumanzi.com. Volg die skakel “Access Silulumanzi Self Service Portal”.
Teken in met jou selfoonnommer. Jy sal via SMS ‘n eenmalige PIN ontvang waarmee jy toegang kry tot jou waterrekening.
Daar is twee betaalopsies: Pay@ (payat.co.za) of Ozow (ozow.com).
Kontak Silulumanzi by 086-174-5858 of 013-752-6839 of 083-269-1456 of stuur ‘n e-pos na [email protected].


×