100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ses vas na groepsgeweld in Pienaar

Written by on April 22, 2020

Ses verdagtes is aangekeer nadat hulle Saterdag glo ‘n man in Pienaar noodlottig aangerand het.
Volgens polisiewoorvoerder, brig. Leonard Hlathi, is die mans almal tussen 19 en 30 jaar oud.
Hulle het die 28-jarige Mthobisi Dlamini glo daarvan beskuldig dat hy diesel gesteel het.
Hulle het hom na bewering aangerand en gemartel. Na sy dood is sy liggaam in ‘n veld in Tekwane Noord gestort
Sy familie is van sy vermeende ontvoering ingelig. Die verdagtes het egter teenoor hulle enige kennis van die voorval ontken.
Die polisie is ontbied en kon Dlamini se liggaam vind.
Provinsiale polisiekomissaris luit. gen. Mondli Zuma het gemeenskappe gemaan om nie die reg in eie hande te neem nie.
Een verdagte sou na verwagting vandag in die KaBokweni-hof verskyn, en die ander vyf more.
Hulle word aangekla van ontvoering en moord.


×