100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ses gewond tydens gewapende roof in Rocky Drift

Written by on September 16, 2022

Ses mense is gewond tydens ‘n gewapende roof by Furnmart in Rocky Drift vanmiddag.
Volgens bronne het ‘n groep van sowat vyf gewapende mans die perseel om ongeveer 12:00 betree. Hulle het werknemers met vuurwapens gedreig, sommiges vasgebind en almal se selfone geneem.
Volgens Martin Jeffrey’s van Emer-G-Med is ses mense in hul arms of bene geskiet.
Almal is klante van die winkel en van Mosambiek. Niemand is ernsig beseer nie en hulle is hospitaal toe geneem vir behandeling.
Die aanvallers het gevlug.


×