100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuweling-kragopteller laat die rekords spat

Written by on September 16, 2022

Ané Janse van Rensburg (18) het maar net verlede jaar aan kragoptel-kompetisies begin deelneem, en spog reeds met vyf nasionale rekords agter haar naam.
Vier hiervan is in Augstus by die nasionale kampioenskappe opgestel in die 67,5 kg-kategorie vir tieners.
In hurksit is haar nuwe rekord 135 kg – teenoor die vorige een van 90 kg. Sy kon in borsopdruk 67,5 kg haal – meer as die vorige rekord van 40 kg. Haar dooiegewig was 137,5 kg (105 kg was die vorige beste in die land) en haar totale gewig 340 kg – teenoor die vorige beste van 230 kg.
“Dit het my nogal verbaas, want ek het nie so goed voorberei as wat ek gehoop het nie,” sê sy.
Boonop het sy nie ‘n gespesialiseerde afrigter nie.

Dié hoofmeisie van Curro Nelspruit het in 2019 met gewigte begin oefen om haar knie sterk te maak na ‘n hokkiebesering. Sy het Crossfit gedoen en verlede jaar het haar ma haar vir ‘n kompetisie ingeskryf.
Tydens haar eerste kompetisie het Ané vir die nasionale kampioenskappe gekwalifiseer en toe ‘n nasionale rekord opgestel in die hurksit vir tieners 75 kg.
Vanjaar is sy in die Junior-afdeling ingesluit en is sy met die trofee vir Beste Opteller in dié kategorie huis toe.
Sy het raad aan enigiemand wat daarin belangstel om die sport op te neem met Leandri gedeel.


×